Max Scheler | |
Geboortenaam | Max Ferdinand Scheler |
---|---|
Gebore | München, Duitse Keiserryk | 22 Augustus 1874
Oorlede | 19 Mei 1928 (op 53) Frankfurt am Main, Republiek van Weimar |
Nasionaliteit | Duitsland |
Vakgebied | Geskiedenis van idees, teorie van waarde, etiek, Wysgerige antropologie, Bewussynstudies, kulturele kritiek, sosiologie van kennis, geloof |
Bekend vir | Waarderanglys, emosionele aanvoeling, waardegebaseerde etiek, stratifikasie van emosionele lewe (Scheler), ressentiment |
Beïnvloed deur | Blaise Pascal, Franz Brentano, Wilhelm Dilthey, Rudolf Eucken, Edmund Husserl, Theodor Lipps, Georg Simmel, Henri Bergson |
Invloed op | Heidegger, Ortega y Gasset, Martin Buber, Edith Stein |
Max Ferdinand Scheler (München, 22 Augustus 1874 – Frankfurt am Main, 19 Mei 1928) was 'n Joods-Duitse filosoof en sosioloog bekend vir sy werk in die fenomenologie en die wysgerige antropologie. Hy word soms beskryf as die "eerste fenomenoloog" na Edmund Husserl of die "katolieke Nietzsche." José Ortega y Gasset noem hom "die eerste mens in die filosofiese paradys." In sy filosofie lê hy veral die nadruk op begrippe soos liefde, God, waarde en persoon. In sy tyd was hy een van die bekendste en invloedrykste filosowe, maar tans is hy nie meer so bekend nie.